Alicia & Marco
Jy word met vreugde en liefde uitgenooi om saam met ons te vier die huweliksbevestiging van Alicia Appelcryn en Marco Nel op 7 Februarie 2026.
Venue: Outeniqua Game Farm
Tyd: 14:30 vir 15:00
Datum: Saterdag, 7 Februarie 2026
Kleredrag: Smart Casual
Ete: Buffet – Laat ons asseblief weet indien jy enige dieetvereistes het.
RSVP: 07 Januarie 2026
Die grootste geskenk vir ons is dat jy hierdie spesiale dag saam met ons deel. Indien jy egter graag ’n geskenk wil gee, sal ’n bydrae tot ons toekoms of ’n geskenkbewys opreg waardeer word.
RSVP
Ons sien uit daarna om hierdie spesiale dag saam met jou te vier. Laat ons asseblief teen 7 Januarie 2026 weet of jy die troue sal kan bywoon.
RSVP
Ons sien uit daarna om hierdie spesiale dag saam met jou te vier. Laat ons asseblief teen 7 Januarie 2026 weet of jy die troue sal kan bywoon.
Akkommodasie
Daar is geen verblyf beskikbaar by Outeniqua Game Farm self nie. Daar is egter verskeie gerieflike opsies naby die trou- en onthaalplek:
Eight Bells
- 7,3 km weg
- Tel: 044 631 0001
- eightbells.co.za
Segulah Guesthouse
- 9,2 km weg
- Christo Kamffer – 079 982 1125
- Lechi Kamffer van Rooyen – 073 878 2014
- segulahguesthouse.com
Outeniqua Moon
- 5,2 km weg
- Tel: 082 564 9782 / 076 629 2213
- outeniquamoon.co.za
Cheetah Lodge
- 9,1 km weg
- Tel: 083 455 2347
- cheetahlodge.co.za
Ons beveel aan om jou verblyf vroegtydig te bespreek aangesien plekke vinnig vol kan raak gedurende hierdie tyd van die jaar.












Ons Storie
“Koer-Koer” maak Alicia se foon op 7 Oktober 2024, die dag wat sy besluit het om die App te verlaat. Sy was moeg om met paddas te praat en sou tog nooit haar prins hier ontmoet nie! Die boodskap van Marco sê “Jy klink soos `n Awesome mens” en haar eintlik sarkastiese antwoord “Ja, ek is” volg. Marco se vinnige volgende boodskap keer haar om die App te verlaat. Heimlik het hy gehoop sy bly naby aan hom want hy het nie kans gesien vir `n lang afstand verhouding nie. Teen die tyd wat hy hoor dat sy 1200 km van hom af is, in Randfontein, was dit reeds te laat.
Op 3 Januarie 2025 pak hy sy tasse en klim op `n vleigtuig om hierdie “awesome” meisie te ontmoet, en toe hy haar sien… weet hy sy gebede is verhoor. Alicia is ook glad nie ongeneë nie en Februarie gaan verken sy op haar beurt sy wêreld. Die duifies begin gou koer.
Hulle harte is oorvol met dankbaarheid. Dit is vir hulle besonders dat die Here hul paaie op die 7de dag laat kruis het – en dat hulle op 7 Oktober hulle verlowing kon vier. So ook gaan hulle op 7 Februarie 2026 hul troudag vier en hul lewens voor Hom en julle verbind.
Die getal sewe het nog altyd herinner aan God se volmaakte werk – aan die skepping wat Hy voltooi en goed verklaar het en aan die vrede waarmee hy rus bring. Hul sien dit as `n sagte herinnering dat hul liefde nie net uit hulle twee spruit nie, maar uit God se hand wat alles mooi en volmaak maak in Sy tyd.
“Mag ons lewe saam `n getuienis wees van daardie volheid. Die rus, vrede en liefde waarmee God sy kinders seën. Dankie aan almal wat saam met ons hierdie volheid gaan vier.”
Met Liefde Marco en Alicia
Navrae
Vir enige navrae oor die troue, onthaal, gaste, akkommodasie of ander verwante sake, kontak asseblief vir Marco of Alicia.
Marco:
+27 (0)72 189 4599
Alicia:
+27 (0)79 503 0998